Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 123

Lojaal onderdanig aan teokratiese orde

Lojaal onderdanig aan teokratiese orde

(1 Korintiërs 14:33)

  1. 1. God se volk verkondig oral, wyd en syd,

    nuus van Gods regering en geregtigheid.

    Almal onderdanig, ord’lik en lojaal,

    werk nou saam in eenheid, trou aan sy kanaal.

    (REFREIN)

    Ons ondersteuning van God se reëling

    toon ons lojaliteit.

    Hy bied bevryding, volg dus sy leiding,

    dien hom tot in ewigheid.

  2. 2. God voorsien sy gees en sy getroue kneg;

    so ontvang ons leiding op ons Christenweg.

    Ons wil altyd vasstaan en ons God behaag,

    en as ons lojaal bly, sal ons daarin slaag!

    (REFREIN)

    Ons ondersteuning van God se reëling

    toon ons lojaliteit.

    Hy bied bevryding, volg dus sy leiding,

    dien hom tot in ewigheid.