Spring na inhoud

Broers Paulos Eyasu, Isaac Mogos en Negede Teklemariam, wat al van 17 September 1994 in die tronk in Eritrea is

17 SEPTEMBER 2019
ERITREA

Eritrea – 25 jaar agter tralies

Eritrea – 25 jaar agter tralies

Eritrea is een van die lande waar Jehovah se Getuies die ergste vervolg word in onlangse tye. Op 17 September 2019 is drie van ons broers, Paulos Eyasu, Isaac Mogos en Negede Teklemariam, al 25 jaar lank in die tronk. Nog 39 broers en 10 susters is ook in die tronk.

Al ons broers en susters wat in die tronk is, is nog nooit aangekla, verhoor of gevonnis nie. Hulle weet nie wanneer hulle vrygelaat sal word nie. Vier broers het gesterf terwyl hulle in die tronk was, en drie broers het gesterf nadat hulle vrygelaat is as gevolg van die slegte toestande wat hulle in die tronk deurgemaak het.

Op 25 Oktober 1994 het die vervolging in Eritrea erger geword. Dit was omtrent ’n jaar en ’n half nadat Eritrea onafhanklikheid van Etiopië gekry het. Die nuwe president het aangekondig dat Jehovah se Getuies wat in Eritrea gebore is, nie langer as burgers beskou word nie. Dit is as gevolg van hulle Christelike neutraliteit. Die president het ook hulle basiese menseregte weggeneem. Jehovah se Getuies word nie toegelaat om hulle skoolopleiding te voltooi, hulle eie besigheid te besit of om buite die land te reis nie.

In onlangse jare is bekende menseregte-organisasies al hoe meer bekommerd oor die feit dat Eritrea opsetlik die standaarde vir internasionale menseregte ignoreer. Dit sluit die sake van Jehovah se Getuies ook in. Eritrea het besluit om nie te luister na die aanbevelings van hierdie organisasies nie.

Kyk na: “SPECIAL REPORT: The Persecution of Jehovah’s Witnesses in Eritrea

Ons sal aanhou om regeringsamptenare en ander in gesag te vertel van die situasie in Eritrea. Terwyl ons broers en susters aanhou om sterk geloof en moed te hê al word hulle wreed vervolg, vertrou ons dat Jehovah hulle Helper en “rots” sal wees. – Psalm 94:22.