Spring na inhoud

Die Koninkryksaal waar die skietvoorval plaasgevind het. Inwoners van Hamburg en regeringsamptenare het blomme by die ingang geplaas om hulle meegevoel te wys

20 MAART 2023
DUITSLAND

’n Man skiet mense by ’n Koninkryksaal in Hamburg, Duitsland

’n Man skiet mense by ’n Koninkryksaal in Hamburg, Duitsland

Soos vroeër berig is, het ’n man op 9 Maart 2023 die Hamburg-Winterhude-gemeente ná die Lewe en Bediening-vergadering aangeval. Nadat ’n hele paar van ons broers en susters doodgeskiet en gewond is, het die aanval opgehou toe die polisie die Koninkryksaal binnegegaan het. Die aanvaller het toe sy eie lewe geneem. Jehovah se Getuies in Duitsland en wêreldwyd is baie dankbaar vir die bewyse van meegevoel, liefde en simpatie wat van amptenare, organisasies en individue regoor die wêreld ontvang is.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Ongelukkig het 4 broers, 2 susters en die ongebore baba van ’n suster wat beseer is, gesterf

  • 2 broers en 7 susters was beseer

Noodlenigingspogings

  • Verteenwoordigers van die takkantoor in Sentraal-Europa, twee kringopsieners en plaaslike ouermanne bied vertroosting en ondersteuning

As ’n verenigde broederskap bid ons vir almal wat deur hierdie tragedie geraak is. Jehovah is “’n vesting in moeilike tye”. En hy sal ons help om deur hierdie moeilike tye te kom terwyl ons aanhou met ons vreedsame aanbidding. – Nahum 1:7.