Hoogtepunte in die aantal Getuies van Jehovah

Hoogtepunte in die aantal Getuies van Jehovah

In 1987 het Lyman Swingle, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, ’n toespraak gelewer vir 63 580 mense wat in die Plaza Monumental-arena in Valencia, Venezuela, bymekaargekom het. Baie het die hele nag op ’n bus gereis om na hom te luister. Broer Swingle het vir die skare gesê: “Julle is nie meer ’n klein takkantoor nie. Julle is nou ’n takkantoor van gemiddelde grootte. En dit lyk asof julle binnekort in die ‘100 000-verkondigers-klub’ sal wees!”

In 1987 was daar in Venezuela meer as 38 000 verkondigers—Getuies van Jehovah wat bedrywig was in die verspreiding van die goeie nuus van die Koninkryk. Destyds het slegs agt lande meer as 100 000 verkondigers gehad.

Die wêreldwye toename in die aantal Getuies van Jehovah is indrukwekkend. Ná die Eerste Wêreldoorlog het net ’n paar duisend mense in die openbaar van Jehovah se Koninkryk getuig. Dit het verander. Die 1943 Yearbook of Jehovah’s Witnesses het gesê: “Die gekombineerde verslag vir 1942, hoewel onvolledig weens kommunikasieprobleme, is wonderlik ..., want dit toon dat daar nou regoor die wêreld meer as 106 000 verkondigers is wat rapporteer dat hulle deelneem aan die werk [om die goeie nuus te verkondig].” Selfs terwyl die Tweede Wêreldoorlog gewoed het, het baie mense gunstig op Bybelwaarheid gereageer. In 1950 het die aantal verkondigers in die Verenigde State alleen tot meer as 100 000 toegeneem.

In 1974 het Nigerië die volgende land geword met 100 000 verkondigers.

Die volgende jaar het die aantal verkondigers in Brasilië asook Duitsland tot meer as 100 000 vermeerder. Hierdie groei op vier vastelande was ’n bewys van die byval wat Bybelwaarheid by mense regoor die wêreld gevind het.

Wêreldwyd het al hoe meer mense die goeie nuus aangeneem. Dit is in ooreenstemming met wat die Bybel voorspel het: “Die kleine sal ’n duisend word, en die geringe ’n magtige nasie. Ek, Jehovah, sal dit op die regte tyd bespoedig.”—Jesaja 60:22.

Volgens die verslag vir die 2014-diensjaar was daar 24 lande met meer as 100 000 Getuies. Dit sluit Venezuela in, wat hierdie mylpaal in 2007 bereik het. Regoor die wêreld is daar 115 416 gemeentes van Jehovah se Getuies en 8 201 545 verkondigers.

Lande met meer as 100 000 verkondigers

Vasteland

Land

Verkondigers

Afrika

Angola

108 607

Kongo, Demokratiese Republiek van

216 024

Ghana

125 443

Nigerië

362 462

Zambië

178 481

Asië

Japan

215 703

Korea, Republiek van

100 641

Filippyne

196 249

Europa

Brittanje

138 515

Frankryk

127 961

Duitsland

166 262

Italië

251 650

Pole

123 177

Rusland

171 268

Spanje

112 493

Oekraïne

150 906

Noord-Amerika

Kanada

116 312

Mexiko

829 523

Verenigde State van Amerika

1 243 387

Suid-Amerika

Argentinië

150 171

Brasilië

794 766

Colombia

166 049

Peru

123 251

Venezuela

140 226