Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

’n Nuwe hulpmiddel om gesprekke te begin

’n Nuwe hulpmiddel om gesprekke te begin

Sedert Januarie 2016 verskyn “Wat sê die Bybel?” op die agterblad van die publieke uitgawe van Die Wagtoring. Die doel van hierdie nuwe reeks is om ons te help om gesprekke oor Bybelonderwerpe te begin. Die formaat is soortgelyk aan dié van ons traktate. Daar is ’n beskouingsvraag gevolg deur ’n antwoord uit die Bybel, asook bykomende punte vir bespreking.

Aangename gesprekke oor skriftuurlike onderwerpe lei dikwels tot Bybelstudies. Jy kan hierdie nuwe hulpmiddel gebruik om nog baie mense te help om hulle geestelike dors te les.—Mt 5:6.

HOE OM DIE HULPMIDDEL TE GEBRUIK:

  1. Vra die huisbewoner se mening oor een van die vrae

  2. Luister en bedank hom vir sy antwoord

  3. Lees die teks onder die opskrif “Wat die Bybel sê” en vra hom wat hy daarvan dink. Sit die gesprek voort as hy tyd het deur gebruik te maak van ’n punt onder die opskrif “Wat kan ons nog uit die Bybel leer?”

  4. Bied die tydskrif aan

  5. Reël om terug te gaan en bespreek die tweede vraag