Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hoor God jou gebede?

Hoor God jou gebede?

Dink jy dat God jou regtig hoor wanneer jy bid?

WAT SÊ DIE BYBEL?

  • God luister wel. Die Bybel verseker ons: “Jehovah is naby almal wat hom aanroep, almal wat hom in opregtheid aanroep. . . . Hy hoor hulle geroep om hulp.” – Psalm 145:18, 19.

  • God wil hê dat jy tot hom moet bid. Die Bybel nooi ons: “Vra God in elke situasie om julle te help deur tot hom te bid, hom te smeek en hom te dank.” – Filippense 4:6.

  • God gee regtig vir jou om. God is heeltemal bewus van ons probleme en bekommernisse, en hy wil ons help. Die Bybel sê: “Gee al julle bekommernisse oor aan God, want hy gee om vir julle.” – 1 Petrus 5:7.