Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 82

‘Laat julle lig skyn’

‘Laat julle lig skyn’

(Matteus 5:​16)

  1. 1. Jesus gee die opdrag

    dat ons lig moet skyn.

    Altyd onpartydig

    help ons groot en klein.

    Vrede wil ons nastreef,

    soos die Skrif ons leer.

    So sal ons ons lig laat skyn

    tot ons God se eer.

  2. 2. God se goeie boodskap

    moet elk’ hart verlig.

    Ons sal dus ons deel doen

    en dié troos wat sug.

    Lig uit Gods Woord rig

    ons, ons het goeie nuus.

    Dié wat luister, moet besluit

    of hul waarheid kies.

  3. 3. Lig weens goeie werke

    skyn in elke land.

    Dit versier ons woorde

    soos ’n diamant.

    As ons doen wat reg is,

    bly ons lig versprei.

    Dan sal alles wat ons doen,

    God se hart verbly.