Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 65

Gaan vooruit!

Gaan vooruit!

(Hebreërs 6:1)

  1. 1. Gaan vooruit, gaan vooruit tot volwassenheid!

    Laat jou lig helder skyn, stel ’n voorbeeld deurentyd.

    En verbeter jou diens en jou vaardigheid,

    dan sal God jou werk beloon.

    Daar’s ’n plek in die diens vir elkeen.

    Dis die werk ook gedoen deur sy Seun.

    Dank Jehovah dat jy op sy hulp kan steun.

    Volg die Christus se patroon.

  2. 2. Gaan vooruit, gaan vooruit, en verkondig nou

    goeie nuus aan die volke, aan elke man en vrou.

    Bring so lof aan Jehovah, dien hom getrou,

    deur te preek van deur tot deur.

    En as vyande ons sou bedreig,

    staan ons vas, sal ons aanhou getuig.

    Oor die Koninkryksnuus sal ons nooit kan swyg,

    so sal almal van God leer.

  3. 3. Gaan vooruit, gaan vooruit, doen dit dag ná dag.

    En word steeds meer bekwaam,

    want daar’s soveel werk wat wag.

    Vra Jehovah ons God vir hernude krag

    dat ons vreugde nooit verdwyn.

    Toon jou liefde vir almal wat hoor;

    en gaan t’rug om hul hart aan te spoor.

    Help hul vorder, dan sal hul nie moed verloor;

    so sal waarheidslig kan skyn.