Spring na inhoud

JW BROADCASTING

Installeer die JW Broadcasting-toepassing op Roku

Installeer die JW Broadcasting-toepassing op Roku

Voordat jy op jou Roku na JW Broadcasting kan kyk, moet jy jou Roku-speler opstel en die sagteware vir JW Broadcasting installeer. Volg die stappe hieronder:

 Stel jou Roku-speler op

Jou Roku-speler behoort bygaande instruksies te hê om jou te help om dit op te stel en dit met die Internet te verbind. Wanneer jou Roku-speler verbind is, voltooi die begeleide opstellingsprosedure deur die instruksies op die skerm te volg.

Let wel: Vir die begeleide opstellingsprosedure het jy toegang tot die Internet nodig deur middel van ’n rekenaar of draagbare toestel.

Gedurende die begeleide opstellingsprosedure word jy aangesê om jou Roku-speler te verbind. Om dit te doen, besoek www.roku.com/link en voer die kode op jou televisieskerm in. Volg dan die instruksies op jou rekenaar of mobiele toestel om ’n Roku-rekening te skep.

Jou televisieskerm word verfris wanneer jou Roku-speler met jou rekening verbind is.

Vir bykomende hulp, kyk na die Roku-video wat die opstellingsprosedure demonstreer.

 Gebruik ’n rekenaar om JW Broadcasting te installeer

Die Roku-speler is ’n toestel met sagteware (of “kanale”) om video’s te speel. Jy moet kanale byvoeg wat die video’s bevat waarna jy wil kyk. Een manier om ’n nuwe kanaal by te voeg, is deur middel van jou rekenaar.

  • Besoek die JW Broadcasting-blad in die Roku Channel Store deur middel van enige webblaaier.

  • Meld aan by jou Roku-rekening as jy nog nie aangemeld het nie.

  • Klik op die Add Channel-knoppie. Wanneer die kanaal bygevoeg is, word die groen Add Channel-knoppie vervang met die woord Installed.

Wanneer jy ’n kanaal deur middel van ’n webblaaier byvoeg, installeer dit nie die kanaal op jou Roku-speler nie; dit voeg dit net by jou lys van kanale. Jy moet nou die bygevoegde kanaal op jou Roku-speler installeer.

  • Druk die tuis-knoppie op jou Roku-afstandbeheerder.

  • Gebruik die op- of afpyltjie en gaan na Settings.

  • Druk OK.

  • Beweeg op of af op die Settings-blad totdat jy by System Update kom, druk dan OK. Die System Update-blad laai. Check Now moet aan die regterkant van jou skerm verlig wees.

  • Druk OK.

Die Roku-speler soek nou die kanaal wat jy by jou lys van kanale gevoeg het en installeer dit.

  • Gaan terug na jou Roku-tuisskerm en kies My Channels op die hoofkieslys. Hierdie skerm vertoon al die kanale wat jy op jou Roku-speler geïnstalleer het, insluitende JW Broadcasting.

  • Gaan na die jw.org-kenteken en druk OK om JW Broadcasting te laai.

 Gebruik jou Roku-speler om JW Broadcasting te installeer

Jy kan JW Broadcasting ook direk vanaf jou Roku-speler installeer.

  • Gaan na die Roku-tuisskerm.

  • Gebruik die op- of afpyltjie op jou Roku-afstandbeheerder om op Search op die hoofkieslys te gaan staan.

  • Druk OK.

Die Search-koppelvlak op Roku vind rolprente, TV-programme, akteurs, regisseurs, speletjies en kanale wat pas by wat jy intik. JW Broadcasting is ’n kanaal; soek dus ’n soekresultaat met die kanaal-ikoon langsaan. Tik een van die volgende sleutelwoorde in om JW Broadcasting te vind:

  • jw broadcasting

  • jw.org

  • jwtv

  • Jehovah

  • Wanneer JW Broadcasting op die resultatelys verskyn, druk die regspyltjie totdat jy op die kanaalnaam staan, druk dan OK. Die Add channel-opsie moet nou verlig wees.

  • Druk weer OK om JW Broadcasting te installeer.

Om na JW Broadcasting te kyk, kies Go to channel, of gaan terug na die Roku-tuisskerm en vind JW Broadcasting onder My Channels.