SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 8-9

Die trotse Farao het nie besef dat hy eintlik help om God se doel te bereik nie

Die trotse Farao het nie besef dat hy eintlik help om God se doel te bereik nie

8:15, 18, 19; 9:15-17

Egiptiese Farao’s het hulleself as gode gesien. Dit help ons om te verstaan waarom Farao te trots was om na Moses en Aäron en selfs na sy eie towerpriesters te luister.

Luister jy wanneer ander voorstelle maak? Is jy dankbaar wanneer iemand vir jou raad gee? Of voel jy dat jy altyd reg is? “Trots lei tot ondergang” (Spr 16:18). So dit is baie belangrik om seker te maak dat ons nie trots is nie!