Spring na inhoud

28 OKTOBER 2019
WAT IS NUUT

Nuwe Wêreld-vertaling in Maja, Teloegoe en Tzotzil vrygestel

Nuwe Wêreld-vertaling in Maja, Teloegoe en Tzotzil vrygestel

Op 25 Oktober 2019 is die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel in die Maja-taal in Mérida, Yucatán, Mexiko, vrygestel. Op dieselfde dag is die Nuwe Wêreld-vertaling in die Teloegoe-taal in Haiderabad, Indië, vrygestel, en ook in die Tzotzil-taal in Tuxtla Gutiérrez, Chiapas, Mexiko. Die Nuwe Wêreld-vertaling is in sy geheel of gedeeltelik in 185 tale vertaal.