Spring na inhoud

19 AUGUSTUS 2019
WAT IS NUUT

Nuwe Wêreld-vertaling in Guarani, Kwanyama en Lao vrygestel

Nuwe Wêreld-vertaling in Guarani, Kwanyama en Lao vrygestel

Op 16 Augustus 2019 is die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif in Guarani-taal in Asunción, Paraguay, vrygestel. Op dieselfde dag is die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in die Kwanyama-taal in Ongwediva, Namibië, en in die Lao-taal in Nong Khai, Thailand, vrygestel. Die Nuwe Wêreld-vertaling is in sy geheel of gedeeltelik in 184 tale vertaal.