Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

“Hou aan om hierdie dinge te bedink”

“Hou aan om hierdie dinge te bedink”

Watter dinge? Filippense 4:8 sê dat ons aan dinge moet dink wat waar, regverdig, kuis, lieflik, goed en lofwaardig is, asook dinge waarvan goed gepraat word en wat van ernstige belang is. Natuurlik word daar nie van Christene verwag om net oor die Bybel te dink nie. Maar die dinge waaraan ons dink, moet vir Jehovah aangenaam wees. Ons moenie op dinge fokus wat dit vir ons moeiliker sal maak om aan hom getrou te bly nie. – Ps 19:14.

Dit kan moeilik wees om verkeerde gedagtes te vermy. Ons moet stry teen ons eie onvolmaakthede sowel as teen Satan, “die god van hierdie stelsel van dinge” (2Kor 4:4). Omdat hy die wêreld se media beheer, is baie van die dinge op die televisie, die radio, die Internet en in boeke en tydskrifte sleg en skadelik vir ons. As ons nie versigtig kies waaraan ons dink nie, kan dit ’n negatiewe uitwerking op ons denke hê en later ons gedrag beïnvloed. – Jak 1:14, 15.

KYK NA DIE VIDEO VERMY DINGE WAT LOJALITEIT ONDERMYN – ONGEPASTE VERMAAK, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE: