Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lewe om Jehovah te loof!

Lewe om Jehovah te loof!

Die lewe is ’n kosbare geskenk. Die manier waarop ons hierdie geskenk elke dag gebruik, wys hoeveel ons dit waardeer. As Getuies van Jehovah streef ons daarna om ons talente en vermoëns tot eer en verheerliking van Jehovah, die Lewegewer, te gebruik (Ps 36:9; Op 4:11). Maar die alledaagse bekommernisse van hierdie goddelose wêreld kan geestelike doelwitte maklik op die agtergrond skuif (Mr 4:18, 19). Daarom kan elkeen van ons onsself afvra: ‘Gee ek regtig vir Jehovah my beste? (Ho 14:2). In watter rigting lei my werk of my loopbaan my? Wat is my geestelike doelwitte? Hoe kan ek my bediening verder uitbrei?’ As jy sien dat jy meer kan doen, moet jy vir Jehovah bid om jou te help om die nodige aanpassings te maak. As jy Jehovah elke dag loof, lei dit sonder twyfel tot ’n bevredigende en gelukkige lewe!—Ps 61:8.

Vir wie gebruik jy jou talente?

KYK NA DIE VIDEO GEBRUIK JOU TALENT VIR JEHOVAH EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoekom is dit ’n slegte idee om jou talente vir Satan se wêreld te gebruik? (1Jo 2:17)

  • Watter seëninge hou dit in as ’n mens jou heel beste vir Jehovah gee?

  • In watter aspekte van heilige diens kan jy jou talente en vaardighede gebruik?