Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

Voorgestelde aanbiedings

Voorgestelde aanbiedings

ONTWAAK!

Vraag: Party mense twyfel of Jesus werklik bestaan het, terwyl ander daarvan oortuig is. En nog ander sê dat ons nie met sekerheid kan sê nie. Wat dink jy?

Aanbod: Hierdie Ontwaak! bespreek wat die bewyse toon.

LEER DIE WAARHEID AAN ANDER

Vraag: Wat gebeur wanneer ons sterf?

Teks: Joh 11:11-14

Waarheid: Wanneer ’n persoon sterf, kom sy lewe tot ’n einde. Ons hoef dus nie bang te wees vir ’n hiernamaals nie. Jesus het die dood met slaap vergelyk. Net soos in die geval van Lasarus, sal Jesus ons geliefdes wat gesterf het, “wakker maak” sodat hulle weer die lewe op die aarde kan geniet.—Job 14:14.

UITNODIGING NA DIE GEMEENTELIKE VERGADERING (inv)

Aanbod: Ek wil jou graag nooi na ’n gratis Bybeltoespraak. Dit sal gehou word in die plaaslike Koninkryksaal, ons plek van aanbidding. [Bied die uitnodiging na die vergadering aan, wys vir die persoon die tyd en plek van die vergadering wat oor die naweek gehou word, en sê wat die tema van die openbare toespraak is.]

Vraag: Was jy al by ’n Koninkryksaal? [As dit gepas is, kan jy die video Wat gebeur by ’n Koninkryksaal? speel.]

BEREI JOU EIE AANBIEDING VOOR

Gebruik die voorbeelde om jou eie aanbiedings voor te berei.