Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 SKATTE UIT GOD SE WOORD | PSALM 52-59

“Werp jou las op Jehovah”

“Werp jou las op Jehovah”

Dawid het talle oorweldigende beproewinge in sy lewe deurgemaak. Teen die tyd dat Psalm 55 geskryf is, het hy die volgende dinge deurgemaak:

  • Hy is beledig

  • Hy is vervolg

  • Hy het intense skuldgevoelens gehad

  • Hy het gesinstragedie ondervind

  • Hy was siek

  • Hy is verraai

Selfs toe sy laste oorweldigend gelyk het, het Dawid ’n manier gevind om dit te verduur. Dawid gee die volgende geïnspireerde raad aan enigiemand wat moontlik dieselfde voel: “Werp jou las op Jehovah.”

Hoe kan ons hierdie vers vandag toepas?

55:22

  1. Nader Jehovah in hartgrondige gebed oor enige probleem, bekommernis of angstigheid

  2. Soek leiding en ondersteuning in Jehovah se Woord en by sy organisasie

  3. Doen redelikerwys wat jy kan om die situasie in ooreenstemming met Bybelbeginsels te verbeter