Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 SKATTE UIT GOD SE WOORD | 2 TESSALONISENSE 1-3

Die wettelose word geopenbaar

Die wettelose word geopenbaar

2:6-12

Waarna het Paulus in hierdie verse verwys?

  • “’n Teëhouer” (vs. 6) – Waarskynlik die apostels

  • “Geopenbaar” (vs. 6) – Ná die dood van die apostels het afvallige Christene openlik valse leringe begin leer en op ’n skynheilige manier begin optree

  • “Die verborgenheid van hierdie wetteloosheid” (vs. 7) – In Paulus se dag was dit nie duidelik wie “die wettelose” is nie

  • “Die wettelose” (vs. 8) – Vandag is dit die geestelikes van die Christendom as ’n groep

  • “Die Here Jesus sal wegdoen [met die wettelose] deur die openbaarwording van sy teenwoordigheid” (vs. 8) – Jesus sal dit duidelik maak dat hy Koning in die hemel is wanneer hy Jehovah se oordele oor Satan se stelsel van dinge, insluitende “die wettelose”, uitvoer

Hoe moedig hierdie verse jou aan om ywerig en met ’n gevoel van dringendheid te preek?