Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 SKATTE UIT GOD SE WOORD | LUKAS 10-11

Die gelykenis van die goeie Samaritaan

Die gelykenis van die goeie Samaritaan

10:25-37

Jesus het hierdie gelykenis vertel toe iemand hom gevra het: “Wie is dan my naaste?” (Lu 10:25-29). Hy het geweet dat “alle soorte mense” — ook Samaritane en nie-Jode — later deel sou word van die Christengemeente (Joh 12:32). Hierdie gelykenis het Jesus se volgelinge geleer dat hulle uit hulle pad moes gaan om te wys dat hulle vir ander lief is, selfs vir diegene wat baie anders as hulle is.

VRA JOU AF:

  • ‘Hoe voel ek oor broers en susters van ’n ander kultuur?’

  • ‘Spandeer ek die meeste van my tyd saam met mense wat soos ek is of wat van dieselfde dinge hou as waarvan ek hou?’

  • ‘Kan ek my hart wyd oopmaak deur broers en susters beter te leer ken wat van ’n ander agtergrond as ek is?’ (2Ko 6:13)

Wie kan ek nooi om . . .

  •  saam met my velddiens te doen?

  •  by my te kom eet?

  •  oor te kom vir ons volgende aand vir Gesinsaanbidding?