Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Goeie maniere by die deur

Goeie maniere by die deur

Christene het “’n teaterskouspel geword vir die wêreld” (1Ko 4:9). Dit moet ons dus nie verbaas dat party huisbewoners ons deur ’n venster dophou of agter hulle deur na ons luister nie. Daar is dalk ’n kamera of mikrofoon wat alles by die deur sien en hoor en selfs ’n opname daarvan maak. Hoe kan jy goeie maniere by die deur toon?—2Ko 6:3.

DEUR WAT JY DOEN (Flp 1:27):

  • Respekteer die huisbewoner se privaatheid deur nie by die huis te probeer inloer nie. Moenie by hulle deur eet, drink, oproepe maak of boodskappe stuur nie

DEUR WAT JY SÊ (Ef 4:29):

  • Moenie voor die deur enigiets sê wat jy nie voor die huisbewoner sal sê nie. Party verkondigers verkies om selfs glad nie voor die deur te gesels nie sodat hulle kan konsentreer op wat hulle vir die huisbewoner wil sê

Kan jy aan nog voorbeelde dink van hoe jy goeie maniere by die deur kan toon?