Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 SKATTE UIT GOD SE WOORD | JESAJA 34-37

Hiskia was beloon vir sy geloof

Hiskia was beloon vir sy geloof

Koning Sanherib van Assirië het die Rabsake na Jerusalem gestuur om te eis dat die stad moet oorgee. Die Assiriërs het die volgende taktieke gebruik om die Jode te laat opgee sonder ’n geveg:

  • Hulpeloosheid. Egipte sal julle nie kan help nie.—Jes 36:6

  • Twyfel. Jehovah sal nie vir julle veg nie, want julle het nie meer sy goedkeuring nie.—Jes 36:7, 10

  • Vrees. Julle staan nie ’n kans teen die magtige Assiriese leërmag nie.—Jes 36:8, 9

  • Versoeking. As julle julle aan die Assiriërs oorgee, sal dit met julle goed gaan.—Jes 36:16, 17

Hiskia se geloof in Jehovah was rotsvas

37:1, 2, 14-20, 36

  • Hy het alles in sy vermoë gedoen om die stad op die aanval voor te berei

  • Hy het Jehovah gevra om hulle te red en die volk aangemoedig om ook hiervoor te bid

  • Hy was beloon vir sy geloof toe Jehovah ’n engel gestuur het om 185 000 Assiriese soldate in een nag dood te maak