Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Sing met vreugde tot eer van Jehovah

Sing met vreugde tot eer van Jehovah

Paulus en Silas het tot eer van Jehovah gesing toe hulle in die tronk was (Han 16:25). Dit het hulle gehelp om sterk en getrou te bly. Wat van ons vandag? Liedere wat by die vergaderinge gebruik word en Broadcasting-liedjies kan ons beter laat voel en ons help om getrou te bly wanneer ons deur moeilike tye gaan. Én dit loof Jehovah (Ps 28:7). Ons word aangemoedig om die woorde van ten minste party van die liedere te memoriseer. Het jy dit al probeer doen? Ons kan ons gesinsaanbidding gebruik om die liedere te oefen en die woorde te leer.

KYK NA DIE VIDEO KINDERS SING TOT EER VAN JEHOVAH, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Watter positiewe uitwerking kan dit op ons hê wanneer ons Koninkryksliedere sing?

  • Hoe berei die Oudio/Video-afdelings voor wanneer hulle liedere opneem?

  • Hoe berei kinders en hulle gesinne voor vir ’n opname?

  • Vir watter Koninkryksliedere is jy veral lief, en hoekom?