Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbeter jou vaardighede in die bediening — Hoe om JW.ORG te gebruik

Verbeter jou vaardighede in die bediening — Hoe om JW.ORG te gebruik

HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Elke publikasie in ons Gereedskap vir Velddiens verwys na jw.org. Om die waarheid te sê, die belangrikste doel van die kontakkaartjie en die pamflet Waar kan ons antwoorde op die belangrikste vrae in die lewe vind? is om mense van ons webwerf te vertel. Jy kan jw.org gebruik om ’n elektroniese kopie van ’n publikasie in ons Gereedskap vir Velddiens vir iemand te e-pos of deur ’n skakel met hom te deel. Dit help veral wanneer jy vir iemand getuig wat ’n ander taal praat. Mense vra dalk ook vrae wat nie beantwoord word in die publikasies in ons Gereedskap vir Velddiens nie. As ons weet hoe om die webwerf te gebruik kan ons meer sukses in ons bediening hê.

HOE OM DIT TE DOEN:

KYK NA DIE VIDEO HOE OM JW.ORG TE GEBRUIK, EN DINK DAN WAAR OP DIE WEBWERF JY SAL GAAN OM HULP TE GEE AAN:

  • ’n ateïs

  • iemand wat onlangs ’n tragedie deurgemaak het

  • ’n onbedrywige broer of suster

  • ’n herbesoek wat vra hoe ons werk gefinansier word

  • iemand van ’n ander land wat die vergaderinge in sy eie land wil bywoon