Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Wanneer kan ek weer as ’n hulppionier dien?

Wanneer kan ek weer as ’n hulppionier dien?

Esegiël se visioen van die tempel wys dat Jehovah se volk vrywillige offerandes sou maak. Hoe kan ons elkeen lofoffers bring?—Heb 13:15, 16.

Een uitstekende manier is om as ’n hulppionier te dien. Die 2018-diensjaar het ’n paar maande wat vyf Saterdae of vyf Sondae het. Dit is veral nuttig vir diegene wat voltyds werk en meestal op naweke velddiens doen. Gedurende Maart en April sowel as die maand van die kringbesoek kan verkondigers ook kies of hulle 30 of 50 uur hulppionierdiens wil doen.

Maar sê nou ons omstandighede laat ons nie toe om as ’n hulppionier te dien nie? Ons kan beslis probeer om die gehalte van ons bediening te verbeter en ook meer velddiens te doen. Ons liefde vir Jehovah sal ons tydens die 2018-diensjaar aanspoor om ons beste vir hom te gee, wat ons omstandighede ook al is!—Ho 14:2.

Hoe kan ek net so ywerig soos Sabina Hernández wees?

KYK NA DIE VIDEO SABINA HERNÁNDEZ: MET JEHOVAH SE HULP KAN EK AMPER ENIGIETS DOEN. BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Wat motiveer Sabina om meer in Jehovah se diens te doen?

  • Hoe moedig Sabina se voorbeeld jou aan?

  • Watter maand(e) tydens die 2018-diensjaar kan jy as ’n hulppionier dien?