Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 VOORBLADONDERWERP | LUISTER ENIGIEMAND AS JY BID?

Waarom God ons nooi om te bid

Waarom God ons nooi om te bid

God wil hê dat ons sy vriende moet wees.

Vriende kommunikeer met mekaar sodat hulle ’n goeie verhouding kan opbou. Net so nooi God ons om met hom te praat, wat dit vir ons moontlik maak om ’n hegte vriendskap met hom te hê. Hy sê: “Julle sal my beslis aanroep en kom en tot my bid, en ek sal na julle luister” (Jeremia 29:12). Wanneer jy met God praat, sal jy ‘nader aan hom kom, en sal hy nader aan jou kom’ (Jakobus 4:8). Die Bybel verseker ons: “Jehovah is naby almal wat hom aanroep” (Psalm 145:18). Hoe meer ons tot God bid, hoe meer sal ons vriendskap met hom floreer.

“Jehovah is naby almal wat hom aanroep.”—Psalm 145:18

God wil jou help.

Jesus het gesê: “Wie is die mens onder julle vir wie sy seun brood vra—hy sal hom tog nie ’n klip gee nie, of hoe? Of miskien sal hy ’n vis vra—hy sal hom tog nie ’n slang gee nie, of hoe? As julle . . . dan weet hoe om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan dié wat hom vra!” (Matteus 7:9-11). Ja, God nooi jou om te bid omdat hy vir jou omgee en jou wil help (1 Petrus 5:7). Hy nooi jou selfs om oor jou probleme met hom te praat. Die Bybel sê vir ons: “Moet julle oor niks kwel nie, maar laat julle versoeke in alles deur gebed en smeking tesame met danksegging by God bekend word.”—Filippense 4:6.

Mense het ’n geestelike behoefte.

Kenners van die menslike natuur het waargeneem dat honderdmiljoene mense ’n behoefte aan gebed het. Selfs party ateïste en agnostici voel so. * Dit bewys dat mense met ’n geestelike behoefte geskep is. Jesus het gesê: “Gelukkig is dié wat bewus is van hulle geestelike behoefte” (Matteus 5:3). Een manier waarop ons in hierdie behoefte kan voorsien, is om gereeld met God te kommunikeer.

Watter voordele hou dit in as ons God se uitnodiging aanvaar om tot hom te bid?

^ par. 8 ’n Opname wat in 2012 in die Verenigde State gedoen is deur die Pew-navorsingsentrum, het getoon dat 11 persent van die ateïste en agnostici, dit wil sê dié wat glo dat ons niks omtrent God of die hiernamaals weet of kan weet nie, ten minste een keer per maand bid.