Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 VOORBLADONDERWERP | WIE IS JEHOVAH SE GETUIES?

Wat glo Jehovah se Getuies?

Wat glo Jehovah se Getuies?

Jehovah se Getuies glo dat “die hele Skrif . . . deur God geïnspireer en . . . nuttig” is (2 Timoteus 3:16). Ons gebruik die Bybel as ’n praktiese gids wat ons help om oor die Skepper te leer en ’n sinvolle lewe te lei.

Die Bybel sê: “Sodat mense kan weet dat u, wie se naam Jehovah is, u alleen die Allerhoogste oor die hele aarde is” (Psalm 83:18). Daarom aanbid ons Jehovah God alleen, en as sy Getuies probeer ons om sy persoonlike naam bekend te maak.—Jesaja 43:10-12.

As Christene glo ons dat Jesus, “die Seun van God” *, na die aarde gekom het en die Messias geword het (Johannes 1:34, 41; 4:25, 26). Ná sy dood is Jesus tot hemelse lewe opgewek (1 Korintiërs 15:3, 4). Later het hy die Koning van God se Koninkryk geword (Openbaring 11:15). Hierdie Koninkryk is ’n werklike regering wat die Paradys op die aarde sal herstel (Daniël 2:44). “Die sagmoediges sal die aarde besit, en hulle sal hulle inderdaad verlustig in die oorvloed van vrede”, sê die Bybel.—Psalm 37:11, 29.

“Wanneer hulle die Bybel lees, glo hulle dat God met hulle praat. Wanneer hulle probleme in hulle lewe ondervind, probeer hulle ’n oplossing in God se Woord vind. . . . Vir hulle is God se Woord lewend.”—’n Katolieke geestelike Benjamin Cherayath, Münsterländische Volkszeitung, ’n Duitse koerant

Jehovah se Getuies glo dat Bybelbeginsels mense selfs vandag kan bevoordeel (Jesaja 48:17, 18). Daarom bly ons streng by hierdie beginsels. Byvoorbeeld, omdat die Bybel ons waarsku om gebruike te vermy wat ons verstand en liggaam besoedel, rook ons nie en gebruik ons nie dwelms nie (2 Korintiërs 7:1). Ons vermy ook gebruike wat spesifiek in die Bybel veroordeel word, soos dronkenskap, seksuele onsedelikheid en diefstal.—1 Korintiërs 6:9-11.

^ par. 5 Die Bybel verwys ook na Jesus as “die enigverwekte Seun van God” omdat hy die eerste en enigste skepping is wat direk deur Jehovah geskep is.—Johannes 3:18; Kolossense 1:13-15.