Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Met watter doel keer Christus terug?

Voordat Jesus Christus in 33 HJ na die hemel opgevaar het, het hy belowe om terug te keer. Hy het hom vergelyk met ’n man van adellike geboorte wat weggegaan het en ná ’n lang tyd teruggekeer het met die mag om as koning te regeer. Die doel van Jesus se terugkeer is om die mensdom van ’n goeie regering te voorsien.—Lees Lukas 19:11, 12.

Jesus sal die mensdom van ’n goeie regering voorsien

Met watter soort liggaam keer Christus terug? Hy is as ’n onsigbare geespersoon opgewek (1 Petrus 3:18). Daarna het hy hemel toe gegaan en aan God se regterhand gaan sit (Psalm 110:1). Eeue later is Jesus voor Jehovah God, “die Oue van Dae”, gebring, wat Jesus mag gegee het om oor die mensdom te regeer. Jesus keer dus nie as ’n mens terug nie, maar as ’n onsigbare Koning.—Lees Daniël 7:13, 14.

Wat sal Jesus doen wanneer hy kom?

Wanneer Jesus onsigbaar saam met sy engele kom, sal hy die mensdom oordeel. Hy sal goddelose mense vernietig, maar die ewige lewe gee aan diegene wat hom as Koning aanneem.—Lees Matteus 25:31-33, 46.

Onder Jesus se koninklike heerskappy sal die aarde in ’n paradys omskep word. Hy sal die dooies opwek sodat hulle in daardie aardse Paradys kan lewe.—Lees Lukas 23:42, 43.