Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 VOORBLADONDERWERP | WAAROOR HANDEL DIE BYBEL?

Goeie nuus vir die hele mensdom

Goeie nuus vir die hele mensdom

Jesus se opstanding het sy dissipels met oortuiging en ywer vervul. Die apostel Paulus in die besonder het deur Klein-Asië en die Middellandse See-gebied gereis om gemeentes te stig en Christene te versterk om ondanks sedelike druk en hewige teenstand vas te staan. Ten spyte van hierdie uitdagings het die Christelike geloof gefloreer en versprei.

Paulus self is in die tronk gegooi. Maar daar het hy briewe geskryf om die Christengemeentes aan te moedig en raad te gee. Hy het gewaarsku teen ’n selfs groter gevaar—afvalligheid. Paulus het deur middel van God se heilige gees vooruitgesien dat “onderdrukkende wolwe” onder hulle sal inkom en “verdraaide dinge [sal] spreek om die dissipels agter hulle aan weg te trek”.—Handelinge 20:29, 30.

Teen die einde van die eerste eeu het hierdie afvalligheid reeds begin. Ongeveer dié tyd het die verrese Jesus die apostel Johannes die Openbaring, ’n simboliese kykie op die toekoms, gegee. Soos Johannes destyds geskryf het, sal geen teenstanders of valse onderrigters God verhinder om sy oorspronklike voorneme met die aarde en die mensdom ten volle te verwesenlik nie. “Elke nasie en stam en taal en volk” sal die goeie nuus van God se Koninkryk hoor (Openbaring 14:6). Die Paradys sal op die aarde herstel word, en enigiemand wat God se wil graag wil doen, kan deel hiervan wees!

Klink dit vir jou na “goeie nuus”? Indien wel, moet jy meer leer oor God se boodskap vir die mensdom, wat in die Bybel gevind word, en hoe dit jou nou en in die toekoms tot voordeel kan strek.

Jy kan die Bybel aanlyn lees by www.jw.org/af. Op hierdie webwerf kan jy ook kyk na die brosjures Die Bybel—Wat is die boodskap daarin? en Goeie nuus wat van God kom! sowel as die boek Wat leer die Bybel werklik? en ander publikasies wat bespreek waarom ons die Bybel kan vertrou en hoe ons die praktiese raad daarin in ons gesin en in ons eie lewe kan toepas. Of jy kan een van Jehovah se Getuies vir verdere inligting vra.

Gebaseer op Handelinge, Efesiërs, Filippense, Kolossense, Filemon, 1 Johannes, Openbaring.