Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

Hy wil hê dat ons suksesvol moet wees

Hy wil hê dat ons suksesvol moet wees

 Kom nader aan God

Hy wil hê dat ons suksesvol moet wees

Josua 1:6-9

LIEFDEVOLLE ouers wil graag sien dat hulle kinders suksesvol is en ’n sinvolle, bevredigende lewe lei. Jehovah, ons hemelse Vader, wil ook hê dat sy aardse kinders suksesvol moet wees. As ’n bewys van sy tere sorg sê hy vir ons hoe ons sukses kan behaal. Kyk byvoorbeeld na wat hy vir Josua gesê het, soos opgeteken in Josua 1:6-9.

Stel jou die toneel voor wat regs uitgebeeld word. Ná Moses se dood is Josua die nuwe leier van Israel, wat miljoene tel. Die Israeliete berei hulle voor om die land binne te gaan wat God aan hulle voorvaders beloof het. God het raad gehad vir Josua. As hy dit volg, sal dit hom help om suksesvol te wees. Maar hierdie raad word nie net tot Josua se voordeel gegee nie. As ons dit toepas, kan ons ook suksesvol wees.—Romeine 15:4.

Jehovah sê vir Josua om moedig en sterk te wees—nie net een keer nie, maar drie keer (verse 6, 7, 9). Josua sal beslis moed en krag nodig hê om die nasie met welslae in die Beloofde Land in te lei. Maar hoe kan hy hierdie edele eienskappe aankweek?

Josua kan moed en krag uit die geïnspireerde geskrifte put. “Handel [sorgvuldig] volgens die hele wet wat my kneg Moses jou beveel het”, sê Jehovah (vers 7). Op dié stadium het Josua waarskynlik net ’n paar boeke van die Bybel in geskrewe vorm. * Maar om God se Woord bloot te besit, is nie ’n waarborg van sukses nie. Om daarby baat te vind, moet Josua twee dinge doen.

Eerstens, Josua moet sy hart gereeld met God se woord vul. Jehovah sê: “Jy moet dag en nag op gedempte toon daarin lees” (vers 8). Een naslaanwerk sê: “God het Josua beveel om Sy Wet te onthou deur dit te ‘prewel’, daaroor ‘na te dink’ of daaroor te ‘peins’.” As Josua elke dag God se Woord lees en daaroor peins, sal dit hom help om die uitdagings wat voorlê, die hoof te bied.

Tweedens, Josua moet toepas wat hy uit God se Woord leer. Jehovah sê vir hom: “Handel [sorgvuldig] volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy jou weg suksesvol maak” (vers 8). Josua se sukses hou verband met sy uitvoering van God se wil. Hoe dan anders? God se wil is altyd suksesvol.—Jesaja 55:10, 11.

Josua het ag geslaan op Jehovah se raad. Gevolglik het hy ’n vol en bevredigende lewe as ’n getroue aanbidder van Jehovah gelei.—Josua 23:14; 24:15.

Wil jy, soos Josua, ’n vervullende lewe lei? Jehovah wil hê dat jy suksesvol moet wees. Maar dit is nie genoeg om bloot sy Woord, die Bybel, te besit nie. Een Christen wat al jare lank getrou dien, het voorgestel: “Kry daardie Bybel van die gedrukte bladsy af, en kry dit in jou hart.” As jy jou hart gereeld met God se woord vul en in jou lewe toepas wat jy leer, dan sal jy, soos Josua, “jou weg suksesvol maak”.

[Voetnoot]

^ par. 4 Die geïnspireerde geskrifte wat aan Josua beskikbaar was, het waarskynlik die vyf boeke van Moses (Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium), die boek Job en een of twee psalms ingesluit.