Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 VOORBLADONDERWERP | HOE OM MEER UIT JOU BYBELLEES TE KRY

Hoe kan jy ’n begin maak?

Hoe kan jy ’n begin maak?

Wat sal jou help om jou Bybellees te geniet en om die meeste daaruit te kry? Kyk na die volgende vyf wenke wat vir baie mense gewerk het.

Skep die regte atmosfeer. Probeer ’n stil plek vind. Beperk afleidings sodat jy kan konsentreer op wat jy lees. Goeie beligting en vars lug kan jou help om die meeste uit jou Bybellees te kry.

Maak seker dat jy in die regte gemoedstemming is. Die Bybel is ’n boek wat van ons hemelse Vader kom. Jy sal dus die meeste daarby baat vind as jy soos ’n kind is wat gewillig is om by ’n liefdevolle ouer te leer. As jy enige negatiewe, vooropgesette idees oor die Bybel het, moet jy probeer om dit opsy te skuif sodat God jou kan leer.—Psalm 25:4.

Bid voordat jy lees. Die Bybel bevat God se gedagtes, en daarom is dit nie verbasend dat ons sy hulp nodig het om dit te verstaan nie. God belowe om “heilige gees [te] gee aan dié wat hom vra” (Lukas 11:13). Die heilige gees kan jou help om God se gedagtes te verstaan. Met verloop van tyd sal dit jou verstand open om “selfs die diep dinge van God” te verstaan.—1 Korintiërs 2:10.

Probeer verstaan wat jy lees. Moenie net lees om klaar te kry nie. Konsentreer terwyl jy lees. Vra jou vrae af soos die volgende: ‘Watter eienskappe het die persoon van wie ek lees? Hoe kan ek dit in my lewe toepas?’

Stel spesifieke doelwitte. Om baat te vind by jou Bybellees moet jy probeer om iets te leer wat jou lewe sal verryk. Jy kan dalk vir jou die volgende doelwitte stel: ‘Ek wil meer oor God se persoonlikheid leer.’ ‘Ek wil ’n beter mens of ’n beter huweliksmaat word.’ Kies dan gedeeltes van die Bybel wat jou sal help om hierdie doelwitte te bereik. *

Hierdie vyf wenke sal jou help om ’n begin te maak. Maar hoe kan jy jou Bybellees selfs interessanter maak? Die volgende artikel gee ’n paar wenke.

^ par. 8 Jehovah se Getuies sal jou met graagte help as jy nie seker is watter Bybelgedeeltes in hierdie verband die beste sal wees nie.