Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

’n Opvallende kenmerk van die Nicaragua-meer is die Ometepe-eiland, ’n gebied met welige plantegroei en twee yslike vulkane wat deur ’n smal landstrook verbind word

 LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Nicaragua

’n Besoek aan Nicaragua

MENSE noem Nicaragua dikwels die land van mere en vulkane. Hierdie land spog met die grootste meer in Sentraal-Amerika—die Nicaragua-meer. Die inheemse stamme noem dit Cocibolca, wat “Soetsee” beteken. Daar is honderde eilande in hierdie meer en dit is die enigste varswatermeer wat seevisse soos haaie, swaardvis en tarpoen bevat.

Die sacuanjoche (frangipani) is die nasionale blom van Nicaragua

Een van Sentraal-Amerika se mees afgesonderde gebiede is in Nicaragua—die Muskietkus. Dit is ’n 65 kilometer breë landstrook wat aan die ooskus geleë is en tot in Honduras strek. Die Miskito (alternatiewe spelling vir Muskiet) is een van die etlike inheemse groepe in Nicaragua wie se geskiedenis teruggevoer kan word tot voor die aankoms van die Europeërs in die 16de eeu.

Die Miskito het hegte sosiale bande en unieke gebruike. Byvoorbeeld, die taal Miskito het geen formele aanspreekvorme soos “Meneer” of “Mevrou” nie. In landelike gemeenskappe spreek jongmense ouer persone as “Oom” of “Tannie” aan, hetsy hulle familie is of nie. ’n Ouer gebruik onder die Miskito is dat ’n vrou  haar hegte vriende of familielede groet deur haar wang teen die ander persoon se wang te druk. Die vrou wat eerste gegroet het, haal dan diep deur haar neus asem.

Inheemse mense

Bybellektuur in Mayangna en Miskito, uitgegee deur Jehovah se Getuies