Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 LIED 44

Gebed van die bedrukte

Kies ’n oudio-opname
Gebed van die bedrukte
UITLEG

(Psalm 4:1)

  1. 1. Jehovah God, ek bid tot u en smeek u:

    ‘Hoor my aan.’

    My pyn is groot, my wonde diep,

    hoe kan ek verder gaan?

    Ek voel bedruk, teleurgesteld;

    my krag is nou gering.

    O God, vertroos en sorg vir my;

    verligting sal dit bring.

    (REFREIN)

    O, rig my op, help my volhard.

    Versterk my hoop, verlig my smart.

    In wanhoop wend ek my tot u.

    Mag u, o God, my krag hernu.

  2. 2. U Woord gee troos en help my om my

    sorge te verdryf,

    want daarin is gevoelens net soos

    myne opgeskryf.

    O, help my om geloof te bou,

    al voel ek soms verward.

    En mag ek nooit vergeet u

    liefde’s groter as my hart.

    (REFREIN)

    O, rig my op, help my volhard.

    Versterk my hoop, verlig my smart.

    In wanhoop wend ek my tot u.

    Mag u, o God, my krag hernu.