Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 LIED 31

O, wandel met Jehovah God!

Kies ’n oudio-opname
O, wandel met Jehovah God!
UITLEG

(Miga 6:8)

  1. 1. O, wandel met Jehovah God,

    beskeie en ook opreg.

    Bly naby aan hom en steun op sy krag,

    al sien jy self geen uitweg.

    As jy by sy Woord van waarheid bly,

    sal jy hom nooit verlaat.

    Laat God jou aan die hand bly lei,

    ja, in elke woord en daad.

  2. 2. O, wandel met Jehovah God;

    wees heilig in al jou weë.

    Versoekings is daar, maar jy kan volhard,

    want God sal jou sy hulp gee.

    En als wat rein en wat lieflik is,

    regverdig, goed en waar,

    bedink dit, dan weet jy beslis:

    God se hulp is altyd daar.

  3. 3. O, wandel met Jehovah God,

    gelukkig en toegewyd.

    Hy’s jou beste Vriend, jy’s kosbaar vir hom,

    sy vriendskap duur vir altyd.

    O, wandel vreugdevol met jou God

    en sing om hom te eer.

    Want almal sal dan sien dat jy

    hom gekies het as jou Heer.