Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 LIED 131

‘Wat God saamgevoeg het’

Kies ’n oudio-opname
‘Wat God saamgevoeg het’
UITLEG

(Matteus 19:5, 6)

  1. 1. In liefde word geknoop

    ’n sterk driedubbel’ koord.

    Voor God en voor getuies

    gee hul mekaar hul woord.

    (REFREIN 1)

    Hy sweer hier voor Jehovah

    om vir haar lief te bly.

    ‘Wat God dan saamgevoeg het,

    mag geen mens ooit weer skei.’

  2. 2. Hul studie van Gods Woord

    het hul sy wil geleer.

    En nou wil hul tesame

    sy grote naam vereer.

    (REFREIN 2)

    Sy sweer ook voor Jehovah

    om vir hom lief te bly.

    ‘Wat God dan saamgevoeg het,

    mag geen mens ooit weer skei.’