Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 VRAAG 11

Wat gebeur wanneer iemand sterf?

Wat gebeur wanneer iemand sterf?

“Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy grond; op daardie dag vergaan sy gedagtes.”

Psalm 146:4

“Die lewendes is daarvan bewus dat hulle sal sterf; maar wat die dooies betref, hulle is bewus van hoegenaamd niks . . . Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of beplanning of kennis of wysheid in Sjeool, die plek waarheen jy gaan nie.”

Prediker 9:5, 10

“[Jesus het] gesê: ‘Lasarus, ons vriend, het gaan rus, maar ek reis daarheen om hom uit die slaap wakker te maak.’ Jesus het egter van sy dood gepraat. Maar hulle het gedink dat hy van die rus van die slaap praat. Toe het Jesus dus reguit vir hulle gesê: ‘Lasarus het gesterf.’”

Johannes 11:11, 13, 14