Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 VRAAG 10

Wat belowe die Bybel vir die toekoms?

Wat belowe die Bybel vir die toekoms?

“Die regverdiges sal die aarde besit, en hulle sal vir ewig daarop woon.”

Psalm 37:29

“Die aarde bly tot onbepaalde tyd staan.”

Prediker 1:4

“Hy sal die dood vir ewig verswelg, en die Soewereine Heer Jehovah sal beslis die trane van alle gesigte afvee.”

Jesaja 25:8

“Dan sal die oë van die blindes geopen word, en die ore van die dowes sal ontsluit word. Dan sal die kreupele net soos ’n takbok klim, en die tong van die stomme sal van vreugde uitroep. Want in die wildernis sal waters uitbreek, en strome in die woestynvlakte.”

Jesaja 35:5, 6

“Hy sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie. Die vorige dinge het verbygegaan.”

Openbaring 21:4

 “Hulle sal beslis huise bou en dit bewoon; en hulle sal beslis wingerde plant en die vrug daarvan eet. Hulle sal nie bou sodat iemand anders dit bewoon nie; hulle sal nie plant sodat iemand anders dit eet nie. Want die dae van my volk sal wees soos die dae van ’n boom; en die werk van hulle eie hande sal my uitverkorenes ten volle benut.”

Jesaja 65:21, 22