Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

Sal lyding ooit tot ’n einde kom?

Sal lyding ooit tot ’n einde kom?

Wat dink jy?

  • ja

  • nee

  • miskien

 WAT DIE BYBEL SÊ

“God . . . sal al die trane van hulle oë afvee, en die dood, lyding, gehuil of pyn sal daar nie meer wees nie.”—Openbaring 21:4, Contemporary English Version.

WAT DIT VIR JOU KAN BETEKEN

Dit verseker ons dat God nie ons probleme veroorsaak nie.—Jakobus 1:13.

Dit vertroos ons, want dit toon dat God meegevoel met ons het wanneer ons ly.—Sagaria 2:8.

Dit gee ons die hoop dat alle lyding tot ’n einde sal kom.—Psalm 37:9-11.

 KAN ONS WERKLIK GLO WAT DIE BYBEL SÊ?

Ja, om ten minste twee redes:

  • God haat lyding en ongeregtigheid. Dink aan hoe Jehovah God gevoel het toe sy volk in Bybeltye wreed mishandel is. Die Bybel sê dat hy ontsteld was as gevolg van “dié wat hulle rondgestoot het”.—Rigters 2:18, Nuwe Wêreld-vertaling.

    God het ’n gevoel van afkeer teenoor mense wat ander leed aandoen. Die Bybel sê byvoorbeeld dat “hande wat onskuldige bloed vergiet”, vir hom verfoeilik is.—Spreuke 6:16, 17.

  • God gee vir ons as individue om. Dit is nie net elke persoon wat “sy eie plaag en sy eie pyn” ken nie; Jehovah ken dit ook!2 Kronieke 6:29, 30.

    Jehovah sal binnekort deur middel van sy Koninkryk elkeen se lyding tot ’n einde bring (Matteus 6:9, 10). Intussen vertroos hy diegene liefdevol wat hom opreg soek.—Handelinge 17:27; 2 Korintiërs 1:3, 4.

 IETS OM OOR TE DINK

Waarom laat God lyding toe?

Die Bybel beantwoord hierdie vraag in ROMEINE 5:12 en 2 PETRUS 3:9.