Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 DEEL 10

Watter seëninge wag op diegene wat na God luister?

Watter seëninge wag op diegene wat na God luister?

Die meeste van die dooies sal op die aarde opgewek word. Handelinge 24:15

Stel jou die toekomstige seëninge voor wat jy sal geniet as jy na Jehovah luister! Jy sal volmaakte gesondheid hê; niemand sal siek of liggaamlik swak wees nie. Daar sal geen slegte mense wees nie, en jy sal almal kan vertrou.

Daar sal geen pyn, droefheid of trane wees nie. Niemand sal oud word en sterf nie.

 Jy sal omring word deur vriende en familie. Die lewe in die Paradys sal ’n genot wees.

Daar sal geen vrees wees nie. Mense sal waarlik gelukkig wees.

God se Koninkryk sal alle lyding laat ophou. Openbaring 21:3, 4