Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 DEEL 8

Wat beteken Jesus se dood vir jou?

Wat beteken Jesus se dood vir jou?

Jesus het gesterf sodat ons kan lewe. Johannes 3:16

Drie dae ná Jesus se dood het ’n paar vroue sy graf besoek en dit leeg gevind. Jehovah het Jesus uit die dood opgewek.

Jesus het later aan sy apostels verskyn.

Ja, Jehovah het Jesus tot lewe as ’n magtige, onsterflike geesskepsel opgewek. Jesus se dissipels het hom na die hemel sien opvaar.

 God het Jesus opgewek en hom Koning van God se Koninkryk gemaak. Daniël 7:13, 14

Jesus het sy lewe afgelê om die losprys vir die mens te betaal (Matteus 20:28). Deur middel van daardie losprys maak God dit vir ons moontlik om vir ewig te lewe.

Jehovah het Jesus as Koning aangestel om oor die aarde te regeer. Daar sal 144 000 getroue mense saam met hom wees wat van die aarde tot hemelse lewe opgewek is. Jesus en die 144 000 maak saam ’n regverdige hemelse regering uit—God se Koninkryk.—Openbaring 14:1-3.

God se Koninkryk sal die aarde ’n paradys maak. Oorlog, misdaad, armoede en honger sal nie meer daar wees nie. Mense sal waarlik gelukkig wees.—Psalm 145:16.