Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 DEEL 4

Hulle het na Satan geluister—Met watter gevolge?

Hulle het na Satan geluister—Met watter gevolge?

Adam en Eva was nie gehoorsaam aan God nie, en daarom het hulle gesterf. Genesis 3:6, 23

Eva het na die slang geluister en van die vrugte geëet. Daarna het sy vir Adam daarvan gegee, en hy het dit geëet.

Wat hulle gedoen het, was verkeerd—dit was ’n sonde. God het hulle uit hulle Paradystuiste verdryf.

Die lewe was swaar vir hulle en hulle kinders. Hulle het oud geword en gesterf. Hulle het nie na die geestewêreld gegaan nie; hulle het ophou bestaan.

 Die dooies is so leweloos soos die stof. Genesis 3:19

Ons sterf omdat ons almal afstammelinge van Adam en Eva is. Die dooies kan nie sien of hoor of enigiets doen nie.—Prediker 9:5, 10.

Dit was nie Jehovah se voorneme dat mense moes sterf nie. Binnekort sal hy die dooies weer lewendig maak. As hulle na hom luister, sal hulle vir ewig lewe.