Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 STUDIE 3

Gebruik van vrae

Gebruik van vrae

Matteus 16:13-16

WAT JY MOET DOEN: Vra taktvolle vrae om persone se belangstelling te wek en te behou, om met hulle te redeneer en om hoofpunte te beklemtoon.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Wek belangstelling en behou dit. Vra retoriese vrae wat mense sal laat dink of nuuskierig sal maak.

  • Redeneer oor ’n onderwerp. Help persone wat na jou luister om oor ’n onderwerp te redeneer deur vir hulle vrae te vra wat hulle sal help om tot ’n logiese gevolgtrekking te kom.

  • Beklemtoon belangrike punte. Vra ’n interessante vraag om ’n hoofgedagte in te lei. Gebruik hersieningsvrae nadat jy ’n belangrike punt bespreek het of wanneer jy jou aanbieding afsluit.