Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 GLANSPUNTE VAN DIE AFGELOPE JAAR

Die lig word helderder

Die lig word helderder

OMDAT ware aanbidders Jehovah as die Bron van geestelike lig erken, bid hulle ywerig dat God se ‘lig en waarheid’ hulle sal lei en rig (Ps. 43:3). Terwyl die wêreld in diep geestelike duisternis is, skyn die ware God voortdurend lig op sy volk. Gevolglik is hulle pad “soos die helder lig wat al hoe helderder word” (Spr. 4:18). Toenemende lig van Jehovah af hou aan om hulle pad op organisatoriese, leerstellige en sedelike gebied te verlig. Watter aanpassings is in onlangse jare in ons begrip van party Bybelwaarhede gemaak?