Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 INDONESIË

Vyftig jaar ’n spesiale pionier

Alisten Lumare

Vyftig jaar ’n spesiale pionier
  • GEBORE 1927

  • GEDOOP 1962

  • PROFIEL ’n Voormalige polisie-inspekteur wat meer as 50 jaar as ’n spesiale pionier gedien het.

IN 1964 is ek as ’n spesiale pionier gestuur na Manokwari, Wes-Papoea, waar die klein gemeentetjie hewig deur die plaaslike geestelikes teëgestaan is. Kort nadat ek daar aangekom het, het ’n Protestantse predikant op my huis afgestorm.

“Ek gaan hierdie huis vernietig en Manokwari bevry van Jehovah se Getuies”, het hy woedend gedreig.

Weens my opleiding as ’n polisieman het sy grootpratery my nie geïntimideer nie. Ek het hom kalm geantwoord, en hy het uiteindelik in vrede weggegaan.—1 Pet. 3:15.

Destyds het Manokwari agt verkondigers gehad. Vandag, sowat 50 jaar later, is daar sewe gemeentes in die gebied. Meer as 1 200 mense het die plaaslike streekbyeenkoms in 2014 bygewoon. Wanneer ek dink aan wat Jehovah in hierdie afgesonderde gebied verrig het, voel ek werklik tevrede.