Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 GLANSPUNTE VAN DIE AFGELOPE JAAR

Toewyding van takfasiliteite in Sri Lanka

Toewyding van takfasiliteite in Sri Lanka

PLAASLIKE broers en susters in die tradisionele kleredrag van Sri Lanka het 130 afgevaardigdes hartlik verwelkom. Die afgevaardigdes het van 19 lande gekom om die toewyding van die takkantoor op hierdie pragtige eiland by te woon. ’n Groep kinders het Koninkryksliedere gesing, en almal het die fassinerende kulturele vertonings, heerlike plaaslike kos, pragtige musiek asook die opbouende Christelike assosiasie geniet.

Die nuwe en die opgeknapte takfasiliteite is op Saterdag 11 Januarie 2014 aan Jehovah toegewy. ’n Gehoor van 893 het aandagtig geluister na die program, wat in drie tale aangebied is. Hulle het lank hande geklap toe  Mark Sanderson van die Bestuursliggaam gevra het: “Wil julle hierdie nuwe fasiliteite aan Jehovah God toewy?”

Die volgende dag het 7 701 ’n hersiening van Saterdag se program en ’n aanmoedigende toespraak deur broer Sanderson geniet. Vyf groot gehore regoor die land het daarvoor ingeskakel. Vir die eerste keer het videostroming na en van alle vergaderplekke dit vir broers en susters oral op die eiland moontlik gemaak om mekaar te sien en te hoor terwyl hulle Koninkryksliedere sing. Hierdie geskiedkundige geleentheid was beslis ’n rede tot “groot vreugde”.—Neh. 12:43.