Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 LES 1

Wat is die goeie nuus?

Wat is die goeie nuus?

1. Wat is die nuus wat van God kom?

God wil hê dat mense die lewe op die aarde moet geniet. Hy het die aarde en alles daarop geskep omdat hy die mens liefhet. Binnekort sal hy optree om ’n beter toekoms vir mense regoor die wêreld te voorsien. Hy sal die mensdom bevry van die oorsake van lyding.—Lees Jeremia 29:11.

Geen regering het nog ooit daarin geslaag om geweld, siekte of die dood uit die weg te ruim nie. Maar daar is goeie nuus. God sal binnekort alle menseregerings vervang deur sy eie regering. Die onderdane daarvan sal vrede en goeie gesondheid geniet.—Lees Jesaja 25:8; 33:24; Daniël 2:44.

2. Waarom is die goeie nuus dringend?

Lyding sal net eindig wanneer God die aarde van slegte mense reinig (Sefanja 2:3). Wanneer sal dit gebeur? God se Woord het die toestande voorspel wat die mensdom nou bedreig. Gebeure wat nou plaasvind, dui aan dat God se tyd om op te tree, naby is.—Lees 2 Timoteus 3:1-5.

3. Wat moet ons doen?

Ons moet van God leer uit sy Woord, die Bybel. Dit is soos ’n brief aan ons van ’n liefdevolle vader. Dit sê vir ons hoe ons nou ’n beter lewe kan lei en hoe ons in die toekoms ewige lewe op die aarde kan geniet. Party mense sal weliswaar nie daarvan hou dat jy gehelp word om die Bybel te verstaan nie. Maar die geleentheid om ’n beter toekoms te hê, is te wonderlik om deur die vingers te laat glip.—Lees Spreuke 29:25; Openbaring 14:6, 7.