Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 LES 13

Die toorkuns en heksery is verkeerd

Die toorkuns en heksery is verkeerd

Satan wil hê dat jy die toorkuns moet beoefen. Baie mense bring offerandes aan voorouers of geeste om te voorkom dat hulle kwaad aangedoen word. Hulle doen dit omdat hulle die kragte van diegene in die geesteryk vrees. Hulle dra towerringe of -armbande. Hulle drink “moetie” wat na bewering toorkrag besit of smeer dit aan hulle liggaam. Party mense versteek artikels, wat hulle glo die krag besit om hulle te beskerm, in hulle huise of in die grond. Ander gebruik toormiddels omdat hulle glo dat dit vir hulle sukses in sake, skooleksamens of liefdesverhoudings sal verseker.

Jou beste beskerming teen Satan is om Jehovah as jou vriend te hê. Jehovah God en sy engele is baie magtiger as Satan en sy demone (Jakobus 2:19; Openbaring 12:9). Jehovah sal met graagte sy krag toon ten behoewe van sy vriende—diegene wat heeltemal lojaal teenoor hom is.—2 Kronieke 16:9.

God se Woord sê: “Julle mag geen toorkuns beoefen nie.” Jehovah veroordeel toorkuns en heksery omdat hierdie gebruike ’n mens reg in die mag van Satan die Duiwel kan plaas.—Levitikus 19:26.