Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

Wat is die sleutel tot ’n gelukkige gesinslewe?

Wat is die sleutel tot ’n gelukkige gesinslewe?

Dink jy dit is . . . 

  • liefde?

  • geld?

  • iets anders?

 WAT DIE BYBEL SÊ

“Gelukkig is . . . dié wat die woord van God hoor en dit nakom!”—Lukas 11:28, Nuwe Wêreld-vertaling.

WAT DIT VIR JOU KAN BETEKEN

Jy kan opregte liefde vind.—Efesiërs 5:28, 29.

Jy kan diep respek geniet.—Efesiërs 5:33.

Jy kan ’n gevoel van ware veiligheid hê.—Markus 10:6-9.

 KAN ONS WERKLIK GLO WAT DIE BYBEL SÊ?

Ja, om ten minste twee redes:

  • God is die Insteller van die gesinsreëling. Die Bybel sê dat “elke familie . . . sy naam te danke het” aan Jehovah God (Efesiërs 3:14, 15). Met ander woorde, die gesinsreëling bestaan omdat Jehovah dit geskep het. Waarom is dit betekenisvol?

    Dink hieraan: As jy ’n heerlike ete geniet en wil weet watter bestanddele in die gereg is, wie sal jy vra? Natuurlik die persoon wat dit voorberei het.

    So ook kan ons ons tot Jehovah, die Insteller van die gesinsreëling, wend om uit te vind wat nodig is om ’n gelukkige gesinslewe te hê.—Genesis 2:18-24.

  • God gee vir jou om. Dit is wys van gesinne om hulle tot Jehovah te wend vir raad, wat hy deur middel van sy Woord voorsien. Waarom is dit wys? Want hy is besorg oor ons (1 Petrus 5:6, 7). Jehovah dra ons belange op die hart—en sy raad werk altyd!—Spreuke 3:5, 6; Jesaja 48:17, 18.

 IETS OM OOR TE DINK

Hoe kan jy ’n goeie man, vrou of ouer wees?

Die Bybel beantwoord hierdie vraag in EFESIËRS 5:1, 2 en KOLOSSENSE 3:18-21.