Spring na inhoud

Spring na sekondêre kieslys

Jehovah se Getuies

Afrikaans

Kan die dooies werklik weer lewe?

Kan die dooies werklik weer lewe?

Wat dink jy?

  • ja

  • nee

  • miskien

 WAT DIE BYBEL SÊ

‘Daar sal ’n opstanding wees.’Handelinge 24:15, Nuwe Wêreld-vertaling.

WAT DIT VIR JOU KAN BETEKEN

Vertroosting wanneer geliefdes sterf.—2 Korintiërs 1:3, 4.

Vryheid van ’n morbiede vrees vir die dood.—Hebreërs 2:15.

’n Ware hoop om herenig te word met jou geliefdes wat gesterf het.—Johannes 5:28, 29.

 KAN ONS WERKLIK GLO WAT DIE BYBEL SÊ?

Ja, om ten minste drie redes:

  • God het lewe geskep. Die Bybel noem Jehovah God “die bron van die lewe” (Psalm 36:9; Handelinge 17:24, 25). Die Een wat lewe gegee het aan alle lewende wesens, is tog sekerlik in staat om iemand wat gesterf het, weer lewend te maak.

  • God het mense in die verlede opgewek. Die Bybel vertel van agt gevalle waar mense—jonk, oud, manlik en vroulik—op die aarde opgewek is. Party was ’n kort rukkie dood, maar een was vier dae lank in die graf!—Johannes 11:39-44.

  • God is gretig om dit weer te doen. Jehovah haat die dood; hy beskou dit as ’n vyand (1 Korintiërs 15:26). Hy ‘verlang vurig’ daarna om hierdie vyand te oorwin, om die dood deur middel van die opstanding ongedaan te maak. Hy wil graag diegene wat in sy geheue is, opwek en hulle weer op die aarde sien lewe.—Job 14:14, 15.

 IETS OM OOR TE DINK

Waarom word ons oud en sterf ons?

Die Bybel beantwoord hierdie vraag in GENESIS 3:17-19 en ROMEINE 5:12.