Spring na inhoud

Wat dink jy van die Bybel?

Wat dink jy van die Bybel?

Sal jy sê dit is . . . 

  • ’n boek wat van mense afkom?

  • ’n boek met stories en legendes?

  • die Woord van God?

 WAT DIE BYBEL SÊ

“Die hele Skrif is deur God geïnspireer.” – 2 Timoteus 3:16, Nuwe Wêreld-vertaling.

WAT DIT VIR JOU KAN BETEKEN

Duidelike antwoorde op die belangrikste vrae in die lewe. – Spreuke 2:1-5.

Betroubare raad vir die daaglikse lewe. – Psalm 119:105.

’n Ware hoop vir die toekoms. – Romeine 15:4.

 KAN ONS REGTIG GLO WAT DIE BYBEL SÊ?

Ja, vir ten minste drie redes:

  • Dit stem ooreen. Die Bybel is oor ’n tydperk van 1 600 jaar deur sowat 40 verskillende mense geskryf. Die meeste van hulle het mekaar nooit ontmoet nie. En tog stem die hele boek met mekaar ooreen, met een hooftema!

  • Eerlike geskiedenis. Baie geskiedkundiges is geneig om nie oor die mislukkings van hulle volk te praat nie. Maar die Bybelskrywers het hulle en hulle volk se foute eerlik neergeskryf. – 2 Kronieke 36:15, 16; Psalm 51:1-4.

  • Profesieë wat altyd waar word. Omtrent 2 000 jaar gelede het die Bybel die moeilike toestande wat ons nou deurmaak, voorspel en ook die gesindheid van mense in ons tyd. – Matteus 24:7, 8; 2 Timoteus 3:1-5.

    Baie ander Bybelprofesieë het ook tot in die fynste besonderhede waar geword. Maar is dit nie wat ons van die Woord van God sou verwag nie? – 2 Petrus 1:21.

 IETS OM OOR TE DINK

Hoe kan God se Woord jou lewe beter maak?

Die Bybel beantwoord hierdie vraag in JESAJA 48:17, 18 en 2 TIMOTEUS 3:16, 17.