Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 LES 24

Hulle het hulle belofte verbreek

Hulle het hulle belofte verbreek

Jehovah het vir Moses gesê: ‘Kom teen die berg op na my toe. Ek sal my wette op kliptafels skryf en dit vir jou gee.’ Moses het teen die berg opgeklim en 40 dae en 40 nagte daar gebly. Terwyl hy daar was, het Jehovah die Tien Gebooie op twee kliptafels geskryf en dit vir Moses gegee.

Ná ’n rukkie het die Israeliete begin dink dat Moses nie gaan terugkom nie. Hulle het vir Aäron gesê: ‘Ons wil iemand hê om ons te lei. Maak vir ons ’n god!’ Toe het Aäron gesê: ‘Gee julle goud vir my.’ Hy het die goud gesmelt en ’n beeld van ’n kalf daarmee gemaak. Die volk het gesê: ‘Hierdie kalf is ons God wat ons uit Egipte gelei het!’ Hulle het die goue kalf begin aanbid en ’n fees gehou. Was dit verkeerd? Ja, want die volk het belowe om nét Jehovah te aanbid. Maar nou het hulle daardie belofte verbreek.

Jehovah het gesien wat gebeur en hy het vir Moses gesê: ‘Gaan af  na die volk toe. Hulle is ongehoorsaam aan my en hulle aanbid ’n valse god.’ Moses het die twee kliptafels gevat en teen die berg afgeklim.

Toe Moses naby die kamp kom, het hy die volk hoor sing. Hy het ook gesien hoe hulle dans en voor die kalf neerbuig. Moses was baie kwaad. Hy het die twee kliptafels op die grond gegooi, en dit het in stukke gebreek. Hy het die beeld dadelik vernietig. Hy het toe vir Aäron gevra: ‘Hoe het die volk jou omgepraat om hierdie vreeslike ding te doen?’ Aäron het gesê: ‘Moenie kwaad wees nie. Jy weet hoe hierdie volk is. Hulle wou ’n god hê, en daarom het ek die goud in die vuur gegooi en toe het hierdie kalf uitgekom!’ Aäron moes dit nie gedoen het nie. Moses het weer teen die berg opgeklim en Jehovah gesmeek om die volk te vergewe.

Jehovah het die mense vergewe wat bereid was om hom te gehoorsaam. Verstaan jy hoekom dit so belangrik was dat die Israeliete Moses se leierskap moes volg?

“Wanneer jy ’n gelofte aan God maak, moet jy nie uitstel om dit na te kom nie, want hy vind geen vreugde in onverstandige mense nie. Jy moet jou geloftes nakom.”—Prediker 5:4