Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

 GEORGIË

Ek wou graag my lewe verander

Dawit Samcharadze

Ek wou graag my lewe verander
  • GEBORE 1967

  • GEDOOP 1989

  • PROFIEL Het as ’n reisende opsiener gedien. Sedert 2013 gee hy opleiding by Bybelskole.

IN 1985, toe ek 18 jaar oud was, is ek deur die Sowjet-regering vir militêre diens opgeroep. Die ongeregtigheid en onderdrukking in die weermag het my so ontstel dat ek vir myself gesê het: ‘Ek wil nie soos hulle word nie. Ek wil anders wees.’ Maar ek het soms dinge gedoen wat ek nie wou doen nie. Ek wou graag my lewe verander.

Nadat ek my militêre diens voltooi het, het ek teruggegaan huis toe. Een aand, ná ’n partytjie, het ek tot God gebid en hom gevra om my te help om ’n beter mens te word. Die volgende dag op pad werk toe, het ek by my tannie ingeloer, wat een van Jehovah se Getuies was. Toe ek by haar huis ingaan, was daar ’n groepie Getuies wat vir ’n vergadering bymekaargekom het. Hulle het my welkom laat voel, en daarom het ek besluit om te bly en te luister.

Ek het ’n Bybelstudie aanvaar, en ses maande later is ek gedoop. Jehovah het my gehelp om ’n beter mens te word, iets wat ek nie op my eie kon doen nie.